Wednesday, May 19, 2010

By Hemelvaart en Pinkster (2): Ongelowige Thomas?

Teks: Jh 20:28

Johannes begin sy evangelie met die bekende vers:
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. (Joh 1:1-2)

Hiermee gee hy die toon aan wat in sy evangelie, die goeie boodskap wat hy moet bring, staan.
Hy verkondig dat Jesus Christus die Woord is. Dat al die woorde waarmee God Homself openbaar het saamtrek in hierdie één daad dat Hy sy Seun gegee het om in ons plek vir ons sonde te sterf en so ons skuld ten volle te betaal.
God se openbaring is te sien in die OT in dade. Mense het toe geglo omdat hulle iets gesien het van God se almag. Hulle het dit beleef dat God hulle uitgelei het, versorg het, die beloofde land ingelei het en met wonderdadige oorwinnings die land aan hulle gegee het en hulle hul land kon behou het.
So het sy kinders Hom leer vertrou. So het hulle al hoe meer en meer begryp dat Hy waarlik God is. So het hulle besef dat Hy en die lewe saam met Hom die werklikheid is. Dis betroubaar en waar. Hulle hele lewe was ‘n bestaan in verhouding met die lewende God. En dis wat geloof is. In die OT was dit reaksie op God se aksie. Reaksie op die getroue God wat met sy volk ‘n verbond gesluit het.
Ons sien dit duidelik in Eks 14:31
Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar. (Ek 14:31)

Die woord vir “geglo” hierbo is begrip in die OT wat geloof inhoudelik die meeste en volste betekenis gee is die woord wat ons kan weergee met: “Amen”. Hulle het op die Here se dade gesê: “Amen”. Nie net met die mond nie, maar met hulle hele lewe. Geloof beteken in die sin om die Here absoluut ernstig op te neem. Om met jou hele lewe op God “Amen” te sê is om te sê: God is werklik, Hy is daar, Hy is ‘n werklikheid in my lewe, ek vertrou Hom alleen, wat Hy vra is reg en ek wy my toe om dit uit te voer.
Geloof is om te sê: Amen, Here! Hier is ek!
In die teks word vertel van die dissipels wat die Sondagoggend na die 1ste berigte oor die opstanding in ‘n vertrek weggekruip het omdat hulle bang was vir die Jode. En toe verskyn Jesus aan hulle! Maar Thomas was nie daar nie.
Was hy dalk so teleurgesteld dat hy nie daar wou wees nie? Ons weet dit nie. Ons ken hom as ‘n mens wat nie bang is nie (Jh 11:16) en ook nie bang is om vrae te vra nie (Jh 14:5). Waarskynlik was hy ‘n pessimistiese mens. Altyd die donker kant gesien van ‘n saak. Hy wou verseker weet!
En dis hier baie duidelik. Alhoewel die dissipels hom herhaaldelik gesê het dat hulle Jesus gesien het, dat Hy aan hulle verskyn het, het hy nie geglo nie.
Dis nie dat ons Here hom vir sy twyfel tereg gewys het nie. Dit was omdat hy nie geglo het nie.
Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” (Joh 20:27)

Wat het hy nie geglo nie?
Die herhaalde getuies van die ander dissipels dat hulle Jesus gesien het na sy opstanding. Waarskynlik sou die Emmausgangers en die vroue wat die Here gesien het, ook getuig het dat Hy wel opgestaan het.
Maar hy het nie geglo nie. Hy wou self sien. Dis noemenswaardig dat Thomas ‘n persoonlike ontmoeting met die opgestane Here wou hê. Maar ons kan sê dis verkeerd van hom dat hy voorwaardes aan die Here gestel het.
Die naam Thomas en ook sy ander naam: Didimus, beteken tweeling. Ons weet nie wie die ander een van die tweeling was nie en of daar werklik ‘n tweeling was nie. Maar as ons o na Thomas kyk, kan ons dalk so met sy houding assosieer dat ons maar net sowel sy tweeling kon wees, nie waar nie? Ons wil ook graag die Here Jesus persoonlik ontmoet, maar op ons voorwaardes.
Jesus wys Thomas tereg. En ons moet ook op hierdie teregwysing ag slaan: moenie voorwaardes stel vir die Here voordat jy Amen kan sê op die Here nie.
Maar is dit nie ongelooflik nie dat ons Here neerbuig, moeite doen, om Thomas, en al sy tweelinge vandag, tegemoet te kom! Kom kyk! Bring jou vinger en jou hand en kom maak seker. Moenie langer ongelowig wees nie.
En sonder dat hy werklik aan die Here gevoel het, toe hy sien, tóé kon Thomas Amen sê!
Hy sê: My Here en my God! Hier na aan die einde van die Joh evangelie kom die klimaks van hierdie evangelie: die belydenis dat die Here Jesus Christus werklik God is en dat dit Hy is wat die Messias is. Daar is nie nog een nie.
Hoe gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo!
Hoe gelukkig ....

Jy is gelukkig, want jy sê: Amen!

2 comments:

  1. Die vergelyking van Thomas met 'n mens wat op sy eie sintuie en oordeel wil staatmaak as 'n pessimis of ongelowige, verstaan nie die gees van wat in Joh 20 staan nie en verstaan Thomas verkeerd. Jesus het Thomas verstaan en hom gegun dat hy maar kan voel en kyk!! Thomas was 'n persoon wat gese het ek wil eers die tekens sien voor ek glo. Daar was 'n algemene gees van ongeloof onder die dissipels, sou jy nie ook gewonder het hoe Jesus kon lewendig wees nadat jy gesien het hy is begrawe? So is daar mense wat glo sonder om te sien, mense wat goed glo wat nie eers bestaan nie en mense wat onmiskenlik God se woord aanvaar sonder om te blik of te bloos. Jesus se dissipels het uit 'n verskeidenheid karakters bestaan, dokters, haarkappers, vissermanne. Maar Thomas het gese, ek wil eers sien voor ek glo!! So hy wou eers iets kwalifiseer voor hy dit aanvaar. Dit is 'n normale menslike eienskap van baie tipe mense en nie 'n teken van ongeloof nie. So het Thomas dan ongelowig gebly, nadat hy gevoel het? En het Jesus hom weggejaag en gese jy kan nie voel nie want jy glo nie? Wat is dan die les van Thomas? Dat ons mense uit verskillende persoonlikhede bestaan en God, asook Jesus het ruimte gemaak vir mense wat met hulle eie oe en met hulle eie sintuie wil sien. Dit is allermins 'n teken van ongeloof, meer 'n teken van onderskeiding en ontleding!!!! Is dit nie ook karaktertrekke van gelowige mense nie. Ben Brand

    ReplyDelete
  2. Ek groet u, my naam is Ben Biggs en ek deel graag met u en die hele wêreld oor die vraag wat by gelowiges ontstaan wat Jesus Christus as hul Verlosser en Saligmaker aangeneem het.
    Groete,en hoor graag van u.


    Wat moet ons doen broeders?

    Die groot opdrag van Jesus Christus aan sy dissipels, en aan elkeen wat Hom aangeneem het en in Hom glo vandag nog, vind ons op twee plekke in die bybel aangeteken.
    Ons lees in Mattheüs28,19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    En dan lees ons in Markus16,15@16 En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom, hy wat glo en hom laat doop sal gered word, maar hy wat nie glo nie sal veroordeel word.
    Die evangelie wat verkondig moet word en die belofte van God aan die mense is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom(Jesus) glo (hier volg die belofte) nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
    Galásiërs3,22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word
    Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename..
    ---------------
    Nou moet ons egter op ʼn baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy(Jesus) sê nie gaan vra die wetenskaplikes-die wyses- die goddeloses-die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie,"Nee", Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
    Veroordeel kan beste verstaan word deur,( Vertoon sy of haar lewe; gedagtes, woorde, en dade.)

    Die opdrag van Jesus aan sy volgelinge is twee-ledig.
    Die een deel van die opdrag is om die blye boodskap van verlossing en redding wat in Jesus Christus is, aan alle mense te verkondig.
    Die ander deel van die opdrag is om vir die mense wat die boodskap glo en aanneem te kan sê wat hulle nou te doen staan.

    Voorbeeld.
    In Handelinge2 lees ons hoe die apostels die Heilige Gees ontvang en die opdrag van Jesus om die evangelie aan alle mense te verkondig uitvoer.In vers37 lees ons die mense word diep in die hart deur Petrus se boodskap getref, hulle glo en verstaan dit maar besef terselfdertyd hulle moet iets doen maar weet nie reg wat nie. Ons lees hulle rig hul nood tot Petrus en die ander apostels en vra. Wat moet ons doen broeders? Hierdie vraag geld ook vir elke persoon 2000 jaar later wat Jesus Christus as sy of haar persoonlike saligmaker aangeneem het.
    Nou het Petrus gevul met die Heilige Gees die moed van sy oortuiging, geloof en kennis om vir hulle, en ook vir ons vandag te antwoord. Handelinge2,38;En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus (waarom in die Naam van Jesus) tot vergewing van sondes en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Handelinge 10,43; Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom(Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang.
    Handelinge 19,5; En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.

    Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir ons sonde. Amen.

    Wat antwoord U vandag vir mense wat tot geloof in Jesus Christus kom en vra .Wat moet ons doen broeders?
    E-pos biggs.ben7@gmail.com

    ReplyDelete