
Lees Rm 8:1 tot 17. Fokus: Rm 8:9
Verdra my vir ‘n oomblik om ‘n paar goed uit die redenasie van Paulus hier in die deel wat ons gelees het aan jou uit te wys. Ek is bang dat jy, soos ek aanvanklik, iets gaan mis.
Want sien, ék het na die teks toe gekom om hierdeur een ding baie duidelik aan te toon. Kyk bietjie saam met my:
Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. (Rom 8:9)
“... want die Gees van God woon in julle.”
Wóón! Dis die woord vir huis, blyplek. God sélf, God die Heilige Gees, woon in julle. Het sy blyplek in die gelowiges kom maak. Sy huis is in julle! In ons!
En onmiddelik het ek gedink: Waar het God oral gewoon in die Bybel?
Ons lees van verskeie plekke. In die tuin nadat Hy alles gemaak het (Gen 3:8). Toe, na die sondeval, het Hy verkies om sy Naam te vestig in die Tabernakel. Daarna in die Tempel. Toe het ons Here Jesus Christus gekom en van Hom staan daar:
Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid. (Joh 1:14)
En toe is die Heilige Gees uitgestort en dis wat in die teks geskryf staan: “... die Gees van God woon in julle”.
En wat ‘n preek is dit nie! God wat in ontoeganklike lig woon, God deur wie ons leef, beweeg en bestaan, kies sy woonplekke, sy adresse, met óns in gedagte! Hy kies sy adresse sodat dit vir ons moontlik sal wees om met Hom in verhouding te kan staan. Omdat Hy met ons ‘n verbond gesluit het. En altyd al nader en al duideliker: God buite, God onder en toe God in ons.
Hoe lief het Hy ons nie!!
Maar, daar is meer hierin.
Wanneer jy in ‘n plek intrek om daar te woon, dan word daardie plek verander en reggemaak soos jy dit graag wil hê. Dit word ‘n plek waarvan jy kan sê: Oos, wes, tuis bes. En soos die jare vorder word jou blyplek soos wat geld en tyd toelaat, verbeter om werklik iets te vertoon van jouself en hoe jy wil hê dat dit moet wees. Dit beteken dat jy so mettertyd al die slegte dinge van die huis verwyder en dit vervang of volmaak met wat vir jou reg is.
Maar jou woonplek, of plekke, verklap altyd iets van jouself.
Hier staan in v9 dat die Heilige Gees in elke mens kom woon wat aan ons Here Jesus Christus behoort. Dit staan ook in 1Kor 3:16 dat ons tempel van God is en dat die Gees van God in ons woon. Dis ‘n ander manier om te sê dat die Here Jesus Christus in ons is (v10) en ons in Hom is (v1). Christus in ons en ons in Christus. Dis ‘n totaal nuwe bedeling wat aangebreek het met die koms van ons Here Jesus Christus.
Dis die bedeling van die lewe. Dit is wat die Heilige Gees kom doen het:
Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. (Rom 8:2)
Dis duidelik: daar is ‘n lewegewende wetmatigheid of bedeling. Die bedeling van die Heilige Gees. En daar is ‘n doodsbedeling of wetmatigheid. Die twee staan lynreg teenoor mekaar.
En kyk maar oral in die Bybel, ook in die OT, waar daar ‘n nuwe begin uit ‘n doodloopstraat is, dis waar die Heilige Gees werksaam is.
Dit spreek vanself dat as jou Eienaar, die Here Jesus Christus, in sy groot genade deur sy Gees in jou kom inwoon het, dat Hy veranderings sal wil aanbring. Hy het jou immers gekoop met sy bloed en Hy sal jou wil verander sodat dit vir Hom aangenaam is om met jou geassosieer te word.
Hoekom is dit dan so moeilik om te verander?
Hoekom is daar soveel weerstand teen verandering? Hoekom is daar soveel krapperigheid om hierdie genade van God te aanvaar?
Daar is verskeie antwoorde wat mens kon gee hierop. Ek wil 3 gee:
1. Ek hoef nie te verander nie want ek het geen behoefte aan verandering nie.
Hierdie standpunt kom daarvan dat ek nie besef hoe groot my sonde en ellende is nie. Ek besef nie waarvan ek verlos moet word nie. As jy jouself moet meet op ‘n punteskaal teen die 10 gebooie, gaan jy waarskynlik heeltemaal goed daarvan afkom. Wanneer jy die 10 gebooie so hoor, kom jy nie eintlik agter watter een jy nou eintlik oortree het nie.
Dit mag dalk vir jou so lyk, br en sr, maar die uiteinde van hierdie manier van dink is: jy jaag nie meer die verandering na nie. Jy hunker nie om al meer en meer te word wat die Here Jesus Christus wil hê dat jy moet wees nie. Jy beleef nie bewustelik dat die Gees van Christus in jou woon nie. Die huis wat jy is raak al hoe meer bouvallig, omdat jy nie meer aan jouself laat werk nie.
2. Ek kan myself verander.
Dis eintlik baie snaaks: jy wil nie eintlik verander nie, maar as dit dan moet, dan sal jy jouself verander. Dan trek jy hier ‘n bietjie reg. Maak daar ‘n klein verstellinkie en aanpassinkie. En dan dink jy dat jy nou nuut is. Jy hou jou voor aan die wêreld asof jy ‘n nuwe huis is.
Weet jy, so verneuk jy dalk baie mense, maar nie vir God nie en ook nie vir die duiwel nie. Paulus stel ‘n baie duidelike en defnitiewe kontras tussen die dinge van die sondige natuur en die dinge van die Gees. Daar is geen kompromie en geen vriendskap moontlik tussen die twee nie.
Nee, daar moet ‘n radikale verandering plaasvind. Godsdienstige kosmetiek help nie. Aanplak en aanpleister help nie. Jy moet herskep word, nuut word. Die ou, muwwe mens moet doodgemaak word en die nuwe moet opstaan. Dis so radikaal verskillend soos lewe en dood. Dit staan hier in v10: Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak
Jy kan alles van Christus af uit jou kop uit opsê en tog niks van Hom weet nie. Dan gaan die vryspraak ook by jou verby soos vloedwater. Self kan jy nie verander nie, dis die Heilige Gees se werk in jou. Jou eie pleisterwerk, jou eie verandering help nie. Net bekering bring hierdie wonderwerk. Dit is vryheid. Dit is oorwinning.
3. God kan ons nie verander nie.
Nog ‘n rede hoekom dit so moeilik is om te verander is die gedagte dat God ons nie kan verander nie. Mense glo dit graag: so gemaak en so laat staan hoor mens dikwels. Met die bedoeling daarby: selfs God kan nie verandering aanbring nie.
Dit is om God te wantrou. Die enigste manier waarop jy – enige mens – verander kan word om nuut te word en om om te keer, word só gewantrou.
Wanneer God deur sy Gees werk, dan vind daar nie bloot net kosmetiese veranderings plaas nie. Dan is dit wat jy voorhou nie bloot net vir die goeie indruk van die huis nie, maar is dit ‘n werklik grondige nuutmaak van jou huis.
Weet jy, ou vervalle huise of murasies is huise wat nie meer gebruik word nie, omdat dit nie aan die behoeftes van die eienaar van so huis voldoen nie. Dikwels word erwe deur ontwikkelaars gekoop en die huise daarop platgestoot en nuwe geboue opgerig.
Net so is dit as die Heilige Gees in jou werk. Daar sal verandering plaasvind. Dit wat jou Eienaar in jou wil sien, moet jy vertoon. Jy moet daarheen werk. Jy moet jou versit teen die sondige natuur wat nie wil verander nie en jy moet jou verlustig in wat Christus vir jou verwerf het en van jou verwag. Hierdie soort verandering is die natuurlikste ding waaraan ‘n gelowige moet deelhê.
Ons Here Jesus Christus het jou so lief dat Hy ter wille van jou aan die kruis gesterf het. Die Heilige Gees het jou so lief dat Hy ter wille van jou in jou leef. Dat Hy ten spyte van al die dinge wat jy doen wat Hom seermaak en bedroef, in jou bly leef. Ten spyte van die feit dat Hy nie kan wag dat die dinge wat pla, moet verander om Hom te pas nie, verdra Hy dit nog. Maar die tyd loop uit. Ons Here Jesus Christus kom.
Daarom dan – staan hier in v12 – staan ons onder ’n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. Ons staan in verpligting teenoor die Heilige Gees om deur Hom te leef in en deur die genade wat aan ons geskenk is.
Jy is sy tempel. Hy woon in jou. Is Hy tuis in jou?

Het Jesus nie van die ouens geweet nie? Van hulle struggle? Hulle pyn en verliese toe hulle as Fariseërs self op 'n tyd vervolg is nie? Dis nie al nie, lees saam uit Matteus 23:23-33:
Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. 28 So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet." 29 "Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle hou die grafte van die profete in stand en versier die gedenktekens van die vromes, 30 en julle sê: 'As ons in die dae van ons voorvaders gelewe het, sou ons nie medepligtig gewees het aan die vergieting van die bloed van die profete nie. 31 Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete. 32 Gaan maar aan, maak klaar wat julle voorvaders begin het! 33 "Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel?
Ek sien al 'n hedendaagse kêrel Jesus glimlaggend 'n kloppie op die skouer gee en sê Skuus Jesus, dis nie hoe U dit moet doen nie... 'n mens maak na alles nie kerksale so vol nie! Kom kry eerder my program op DVD...
Ek weet nie... maar die ou wat hom êrens in die amazone aan 'n boom vasketting is vir my 'n groter liefhebber as die man met die DVD's. Die een wat opgestaan het teen slawerny toe groot dele van die weste se ekonomie daarop gebou was... hy moes sekerlik 'n paar mense kwaad gemaak het, die vraag is net was dit liefde?
Weereens keer ons terug na die kwessie van selfvergeet. Jy moet jouself vergeet as jy aan die Koninkryk van God wil bou. Jy moet jouself vergeet as jy onreg die kollig in wil sleep. Vra maar vir Jesus, hulle het Hom daarvoor gekruisig!
Die geseëndes in die Koninkryk is nie die ouens wat weet wat hulle wil hê en dit vir hulleself kry nie, dis nie die mense wat van vroegdag af hulle eie drome najaag nie, dis nie diegene wat doelgerig hulle eie koninkryk bou nie. Die mense wat deur Koninkryksoë as geseënd geag word is die vredemakers, die mense met die sagte hart, die persone wat treur as onreg geskied, diegene wat vervolg word vir wat reg is, dis die wat nie hulle sekuriteit in aardse dinge het nie maar weet hoe afhanklik hulle van God is.
Ons leer uit die geskiedenis dat Keiser Konstantyn van die Romeinse Ryk in die vierde eeu ‘n soort van redder van die Christendom was. Hy en sy opvolgers het die Christendom tot staatsgeloof verklaar en die vervolging van Christene stop gesit. Vandaar neem almal aan dat die christene van die antieke era dit maklik gehad het. Hulle het die gelukskoot met Konstantyn getref en van toe af hulle geloof op almal afgedwing. Maar die geskiedenis is selde indien ooit so eenvoudig. Die Christendom se sukses het nie van keisers afgehang nie maar van die mate waarin hulle die beginsels van die Koninkryk van God uitgeleef het. Skaars dertigjaar of wat na Konstantyn se dood betree nog ‘n Keiser met die naam Julianus die toneel. Hy het grootgeword as ‘n Arianis – ‘n dwaalspoor wat uit die Christelike geloof gegroei het en wat die Goddelikeheid van Christus betwyfel of ten minste gemarginaliseer het. Julianus het gou genoeg die dwaling afgeskud en homself tot die hellenisme bekeer, die denke van ou Rome met sy griekse filosowe wat ook die onderbou van ons moderne samelewing vandag vorm. Na sy bekering het sy haat vir christene geintensifiseer. Hy wou hulle van die toneel af hê maar het geleer dat jy hulle nie doodmaak nie, dan groei hulle eers. So openlike vervolging was nie ‘n opsie nie. Sy plan was toe om Christene vanuit alle regeringsposte asook uit die weermag te verban. Hulle mag nie in staatskole as onderwysers opgetree het of van die antieke Griekse tekste in hulle klasse gebruik gemaak het nie. Soos die Jode in die dae voor die Tweede Wêreld oorlog in Duitsland tot op die rand van die samelewing deur die Nazi’s uitgeskuif is, so het Julianus ook probeer doen.
Daar was net een probleem… die Christene het bly vashou aan dit wat in vers 43-48 staan. Hulle het selfs die Romeinse helleniste wat gister nog christene in die arena’s vir die leeus gegooi het, liefgehad. Dit het Julianus grys hare gegee want hoe lê jy dit aan bande? Ons het sy frustrasie nog op skrif. Hieroor sê hy:
Vandag
Die ergste is dat ons hier in Suid Afrika as Christene daarvoor bekend is dat ons net na ons eie uitkyk. Het ons die Koninkryk uit die oog verloor? Is ons nie maar ook vandag wêrelds nie? Geen wonder ons sukkel so om mense van die evangelie te oortuig nie. Hoekom sou ek jou Blye Boodskap aanneem as dit my in ‘n verstikkende sisteem van wette indwing met soveel skynheiligheid? Het jy gedink dat mense van die wêreld nie ‘n wêreldse kerk vinnig gaan herken nie?
Walter, my seuntjie, is soms wispelturig. Hy sal saam met jou speel maar wil jou nie nag soen nie. Vol stories die knaap, erf dit by sy ma. As hy dit met my pa, sy oupa doen, gee my pa hom so vinnige druk en dan ry hy. My pa neem hom nie kwalik omdat Walter hom nie wil groet nie. Hoekom nie? Want Walter is nog klein. Hy moet nog leer. My pa kyk nie neer op sy kleinseun nie. Walter is syne en hy is steeds baie lief vir hom. Dis net... hy is steeds ‘n kind en my pa het ‘n groter perspektief op die lewe.
Nota’s by die Toring van Babel
Kom ons kyk na Babilonië
Toepassing vir vandag
Ons leef vandag in ‘n post-moderne era. Ironies genoeg is die Post-moderne era aangebring deur ‘n verwarring in taal. Post-moderne mense is daarby ontnugter met die droom van die moderne era. Ons hardloop almal nou in verskillende rigtings. Elkeen bou nou weer sy eie koninkryk en is slegs daarop gefokus dat dinge vir hom/haarself die beste moet uitwerk. Solank ek gelukkig is en dit nie ander seermaak nie, kan ek maak wat ek wil.
In ons eie konteks moet ons vra of ons nie dalk ook maar die spoor byster geraak het nie? Het ons aan God se koninkryk gebou of die koninkryk van die Afrikaner? Het ons soos sout en lig opgetree en was ons ‘n seën vir mense terwyl ons selfopofferend ander opgehelp het of het ons ander eenkant gehou sodat hulle nie met ons eie planne van nasiebou, ons eie drome en ideale, inmeng nie? Vandag lê ook die droom aan skerwe en hardloop ons afkop angstig rond, uit om onsself te verryk te midde van die chaos van die Nuwe Suid Afrika.