Wednesday, May 19, 2010

By Hemelvaart en Pinkster (2): Ongelowige Thomas?

Teks: Jh 20:28

Johannes begin sy evangelie met die bekende vers:
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. (Joh 1:1-2)

Hiermee gee hy die toon aan wat in sy evangelie, die goeie boodskap wat hy moet bring, staan.
Hy verkondig dat Jesus Christus die Woord is. Dat al die woorde waarmee God Homself openbaar het saamtrek in hierdie één daad dat Hy sy Seun gegee het om in ons plek vir ons sonde te sterf en so ons skuld ten volle te betaal.
God se openbaring is te sien in die OT in dade. Mense het toe geglo omdat hulle iets gesien het van God se almag. Hulle het dit beleef dat God hulle uitgelei het, versorg het, die beloofde land ingelei het en met wonderdadige oorwinnings die land aan hulle gegee het en hulle hul land kon behou het.
So het sy kinders Hom leer vertrou. So het hulle al hoe meer en meer begryp dat Hy waarlik God is. So het hulle besef dat Hy en die lewe saam met Hom die werklikheid is. Dis betroubaar en waar. Hulle hele lewe was ‘n bestaan in verhouding met die lewende God. En dis wat geloof is. In die OT was dit reaksie op God se aksie. Reaksie op die getroue God wat met sy volk ‘n verbond gesluit het.
Ons sien dit duidelik in Eks 14:31
Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar. (Ek 14:31)

Die woord vir “geglo” hierbo is begrip in die OT wat geloof inhoudelik die meeste en volste betekenis gee is die woord wat ons kan weergee met: “Amen”. Hulle het op die Here se dade gesê: “Amen”. Nie net met die mond nie, maar met hulle hele lewe. Geloof beteken in die sin om die Here absoluut ernstig op te neem. Om met jou hele lewe op God “Amen” te sê is om te sê: God is werklik, Hy is daar, Hy is ‘n werklikheid in my lewe, ek vertrou Hom alleen, wat Hy vra is reg en ek wy my toe om dit uit te voer.
Geloof is om te sê: Amen, Here! Hier is ek!
In die teks word vertel van die dissipels wat die Sondagoggend na die 1ste berigte oor die opstanding in ‘n vertrek weggekruip het omdat hulle bang was vir die Jode. En toe verskyn Jesus aan hulle! Maar Thomas was nie daar nie.
Was hy dalk so teleurgesteld dat hy nie daar wou wees nie? Ons weet dit nie. Ons ken hom as ‘n mens wat nie bang is nie (Jh 11:16) en ook nie bang is om vrae te vra nie (Jh 14:5). Waarskynlik was hy ‘n pessimistiese mens. Altyd die donker kant gesien van ‘n saak. Hy wou verseker weet!
En dis hier baie duidelik. Alhoewel die dissipels hom herhaaldelik gesê het dat hulle Jesus gesien het, dat Hy aan hulle verskyn het, het hy nie geglo nie.
Dis nie dat ons Here hom vir sy twyfel tereg gewys het nie. Dit was omdat hy nie geglo het nie.
Daarna sê Hy vir Tomas: “Bring jou vinger hier en kyk na my hande; en bring jou hand en steek hom in my sy; en moenie langer ongelowig wees nie, maar wees gelowig.” (Joh 20:27)

Wat het hy nie geglo nie?
Die herhaalde getuies van die ander dissipels dat hulle Jesus gesien het na sy opstanding. Waarskynlik sou die Emmausgangers en die vroue wat die Here gesien het, ook getuig het dat Hy wel opgestaan het.
Maar hy het nie geglo nie. Hy wou self sien. Dis noemenswaardig dat Thomas ‘n persoonlike ontmoeting met die opgestane Here wou hê. Maar ons kan sê dis verkeerd van hom dat hy voorwaardes aan die Here gestel het.
Die naam Thomas en ook sy ander naam: Didimus, beteken tweeling. Ons weet nie wie die ander een van die tweeling was nie en of daar werklik ‘n tweeling was nie. Maar as ons o na Thomas kyk, kan ons dalk so met sy houding assosieer dat ons maar net sowel sy tweeling kon wees, nie waar nie? Ons wil ook graag die Here Jesus persoonlik ontmoet, maar op ons voorwaardes.
Jesus wys Thomas tereg. En ons moet ook op hierdie teregwysing ag slaan: moenie voorwaardes stel vir die Here voordat jy Amen kan sê op die Here nie.
Maar is dit nie ongelooflik nie dat ons Here neerbuig, moeite doen, om Thomas, en al sy tweelinge vandag, tegemoet te kom! Kom kyk! Bring jou vinger en jou hand en kom maak seker. Moenie langer ongelowig wees nie.
En sonder dat hy werklik aan die Here gevoel het, toe hy sien, tóé kon Thomas Amen sê!
Hy sê: My Here en my God! Hier na aan die einde van die Joh evangelie kom die klimaks van hierdie evangelie: die belydenis dat die Here Jesus Christus werklik God is en dat dit Hy is wat die Messias is. Daar is nie nog een nie.
Hoe gelukkig is die wat nie gesien het nie en tog glo!
Hoe gelukkig ....

Jy is gelukkig, want jy sê: Amen!

By Hemelvaart en Pinkster (1): Op pad na Emmaus

Teks: Lk 24:25, 26


Ons begin die reeks By Hemelvaart en Pinkster met 2 gedeeltes in oploop tot die hemelvaart van ons Here Jesus Christus. Vandag loop ons saam met die Emmausgangers en volgende Sondag DV ondersoek ons saam met Thomas.
Wat het gebeur nadat ons Here opgestaan het uit die dood?
Iets daarvan kan julle in die volgstuk nagaan en bestudeer.
Maar kom ons kyk vir ‘n oomblik wat in die harte en gedagtes van die dissipels, die volgelinge van ons Here, geleef het.
Hulle loop met “somber gesigte” (v17) oor al hierdie dinge wat gebeur het. Dit wil sê oor Jesus se kruisiging, sterwe en nou die ontstellende berigte oor sy opstanding.
Die feitlik humoristiese vraag van ons Here in v19 lê die duidelike verwarde en onstellende gedagtes van die gelowiges in daardie tyd bloot:
Hy vra vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, ’n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; (Lu 24:19)

Hulle kon nie verder kom as dat hierdie Jesus ‘n profeet was nie. Hulle het so gehoop dat Hy die Messias sou wees wat sou kom om hulle van die onderdrukkende vyand te red. Maar nou was Hy klarblyklik maar net nog een van die ry van vals Messiasse wat gekom en gegaan het en daar het dadels van gekom. Niks het verander nie. Alles is maar net dieselfde.
O, die teleurstelling! Die verwagting wat vir die soveelste keer in die grond in vertrap is!
Hierdie vraag van Jesus aan Kleopas en sy reisgenoot op pad na Emmaus toe, laat mens onwillekeurig dink aan die vraag vroeër aan sy dissipels: “Wie, sê julle, is Ek?” (Mt 16:15).
Daar antwoord Petrus so mooi:
Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” (Mat 16:16)

Maar hier is die verwagting verskerf soos ‘n glas wat op die vloer geval het.
Juis daarom is hierdie verhaal opgeteken. Om aan jou te wys hoe Jesus dié wat aan Hom behoort in hul diepste nood weer kom optel, kom terugbring na Hom toe!
Kleopas en sy reisgenoot is op pad weg van Jerusalem af na hulle huis toe. Was dit dalk deel van ‘n algemene uitmekaarspat van al Jesus se dissipels? Ons kry ook van die ander dissipels by die see van Tiberias (vlg. Jh 21) besig om weer vis te vang soos toe Jesus hulle gekry het toe Hy hulle daar in die begin geroep het.
Daarom verskyn ons Here hier aan die twee daar op pad.
Hy moet hulle gedagtes her-fokus.
Hulle was so gefikseerd op die verlede, dit wat gebeur het, dat hulle hoop verflou het, hulle geloof het gevries. Hulle loop in ‘n miswolk en kan nie sien nie.
Dis nogal wat met ons gebeur wanneer iets onverwags gebeur, nie waar nie? Skielike siekte, dood, werkloosheid, probleme met die kinders, wendinge in die landsomstandighede maak dat ook ons loop in gevriesde geloof. Die Here het gister en eergister uitgehelp, maar nou? En daarvoor was die Here Jesus Christus daar, dáár by hulle! O, hulle het Hom nog nie herken nie, dis waar. Maar Hy was daar! Besig om hule te her-orienteer om in die hede by Hom te wees, saam met Hom die pad te loop.
Die begin van die oplossing is om te weet dat Hy saam met jou op die pad is. Dit maak die pad oop dat jy met Hom besig kan raak. Dat jy minder met die beheer van jou lewe self sal besig wees en dat Hy meer die sentrale plek sal beklee. Dit laat nie al die probleme soos mis voor die son verdwyn nie en gee nie onmiddelik al die antwoorde op al die vrae wat ons het nie, maar dit gee jou die versekering dat Jesus saam met jou op die pad is en dat Hy saam met jou daardeur sal gaan om jou te troos en te versterk in jou geloof.
Wanneer die onvoorsiene gebeur en jy gefokus is op die verlede, herfokus op ons Here en ontvries jou geloof en wees tevrede en gemaklik om met Hom die pad te loop.
Ons Here moes ook die Emmausgangers se houdings hervorm.
Dis tog so ironies! Hulle vertel Jesus dat hulle Jesus nie verstaan nie! Hoe werk dit dat Hy sommer so uitgelewer kon word aan die owerhede om gekruisug te raak? Hy was dan die Een wat hulle moes kom verlos het? Het Hy dan nie self so gesê nie? En nou? Ons kan net nie verstaan hoe Jesus dit kon toelaat nie..?
Hulle het Jesus kom bevraagteken in plaas daarvan dat hulle hulle veronderstellings of afleidings bevraagteken het.
Hoe dikwels gebeur dit nie met ons nie? Dat ons al die vrae het op grond van ons afleidings oor geloofskwessies en oor die opstanding van ons Here, oor sy maagdelike geboorte, oor die skepping van die aarde en al die nuwe ontdekkings hier naby ons.
Jesus het aan die Emmausgangers alles wat op Hom betrekking het (v27) begin verduidelik. Daarmee rig Hy ons gedagtes op Hom. Gee Hy eintlik ‘n wenk dat die Skrifte, en ook ons Bybel soos ons dit vandag ken, nie ‘n geskiedenis- of wetenskap- of enige ánder handboek is nie, maar dat dit ons eintlik op Hom, op Jesus, alleen wil fokus. Dat ons met Hom in verhouding sal staan en ons voorveronderstellings, ons mensgemaakte lewens- en wêreldbeskouings sal los, en saam met Hom die pad sal loop. Hy regeer. Hy is soewerein, Hy het die vrymag dat niks, geen dood of lewe, of engele of magte of hoogte of diepte of enigiets ander wat daar in die skepping is, ons sal kan skei van God se liefde nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Ons Here moes ook die Emmausgangers se harte vernuwe.
Toe Hy daar saam met hulle aan tafel sit, dank en die brood breek, toe gaan hulle oë oop en herken hulle Hom. Hy verdwyn toe voor hul oë en hulle sê toe:
“Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” (Lu 24:32)

Tóé besef hulle hulle het die opgestane Here gesien. Toe besef hule alles is nie verby nie. Toe begryp hulle dat Hy meer is as net ‘n profeet wat kragtige dinge gedoen het in die Naam van God – Hy is self God! Toe begryp hulle dat Hy kom doen het wat Hy gesê het; dis net anders as wat hulle hul dit voorgestel het. Soveel anders! Nie tydelike heerskappy en lewe nie, maar soveel heerliker en soveel voller en soveel méér as wat hulle dit ooit kon voorstel.
Jesus is nie die man van smarte wat hulle gedink het nie, maar die triomferende Jesus, die Seun van God.
Onthou dit wanneer jy gebrek aan begrip en traagheid van gees ervaar. Laat Hy jou hart vernuwe. Laat Hy nou jou geloof versterk. Geloof wat die Heilige Gees in jou wakker maak wanneer die evangelie verkondig word.
Voel jy nie ook by die hoor van die Woord hoe jou hart warm word nie? Toe Hy saam met jou geloop het nie?

Werk van die Heilige Gees (04): Skeidsregter

Teks: Kol 3:15

Wie of wat bepaal jou lewensreëls?
Vandag is die begrip: spiritualiteit nogal ‘n gonswoord, die in-ding, wanneer oor geloof en kerkwees en Christen-wees gepraat word.
Met spiritualiteit, wat nie ‘n woord is wat in die Bybel gevind word nie, word dan verskillende dinge bedoel. Maar ek meen dat dit saamgevat kan word dáárin dat dit dui op die manier hoe jy God beleef – hoe jy oor God dink en wat jy van Hom dink. Natuurlik is die manier hoe jy oor God dink nogal bepalend oor hoe jy gaan leef. Daarom dink ek dat spiritualiteit neerkom op die manier hoe jy jou lewe in afhanklikheid van God inklee. Dit gaan oor die besef dat jy jou hele lewe oop en bloot voor God leef.
Dit gaan oor die vraag van baie gelowiges: hoe vind ek ‘n vol en Geesvervulde lewe?
Soos in die tyd toe Paulus hierdie brief aan die gelowiges daar in Kolosse geskryf het, is daar vandag nog verskillende voorskrifte wat gegee word. Dikwels beloof hierdie voorskrifte ‘n kortpad, ‘n onmiddelike verkryging van ‘n hoër tipe van lewe.
Van hierdie voorskrifte is:
1. Die spesiale ervaring. Dis wanneer die Heilige Gees se krag ongehinderd vir die res van jou lewe sal vloei om jou tot volheid te lig en al jou sondes net weg sal wees in een dramatiese oomblik.
Dis nogal aantreklik: dis oombliklik, duidelik bo-menslik, God se werk en dit beloof vryheid van al jou innerlike stryde. Gee net oor en jy word opgelig tot ‘n hoër vlak.
Verstaan mooi: ons mag nooit die kragtige werk van die Heilige Gees onderskat of afmaak nie. Hy werk dikwels met ons as mense so dat ons in krisistye ‘n dramatiese geestelike deurbraak maak. En dis wonderlik. Ek kan getuig daarvan dat God deur sy Gees so werk. Maar ons bedrieg onsself as ons reken dat so ervaring ons verander tot kits heiliges.
2. Nog ‘n voorskrif tot spiritualiteit is Spesiale kennis. Die gedagte dat daar tog iets meer moet wees as die eenvoudige boodskap van Christus. Daar moet iets daaragter wees! Ek moet die Grieks en die Hebreeus ken waarin die Bybel geskryf is. Of ek moet die geheime kodes wat ander mense uit ander geskrifte ontrafel, ken.
En dis so aanloklik: die oomblik as ek hierdie bykomende goed ken, is ek bo ander en is ek nader aan God
3. Nog ‘n voorskrif is die Nakom van rituele. ‘n Ryk en vol lewe, word gereken, word verkry deur sekere voorskrifte te handhaaf. Dit wat ek eet of drink, jaarlikse feeste, Sabbatsviering en sulke goed. En kyk maar hier na Kol 2:16 en 18.
En dis miskien die onbevredigendste manier of voorskrif om ‘n vol lewe te ervaar. Die gevoel dat die lewe leeg is sal altyd daar wees.
4. Nog so voorskrif is selfonthouding. Om allerlei begeertes en gevoelens so half asketies te beheer en te onderdruk. Dikwels is rigiede vas-gebruike en ander selfstraf hier ter sprake. Die ontkenning van die materiele wêreld. Dit klink en lyk so spiritueel! Dis tipies Gnosties. Die liggaam en liggaamlike behoeftes moet ontken word word.
Natuurlik is dit waar dat ons as Christene onsself dikwels goed moet ontsê in gehoorsaamheid aan Christus (Kol 3:5). Ons leef ‘n lewe van dissipline. Maar nie dissipline ter wille van dissipline nie. Ons ontsê ons sekere dinge, omdat Christus ons geroep het na iets soveel heerliker.
5. Nog ‘n voorskrif is totale vryheid. Sommige mense geredeneer dat ons liggame deel is van alles wat sleg is en dit maak nie saak wat mens liggaamlik doen nie. Mens mag volgenss hulle maar toegee aan elke begeerte. Die liggaam het nie houvas op die geestelike faset binne my nie.
Daar is iets van waar vandag hiervan ook in die ding dat mense ‘n tipe Sondag-geloof bedryf en die res van die week het niks met geloof te doen nie. Spriritualiteit word in ‘n hokkie geplaas en nie geïntegreer met die res van my lewenservaring nie.
Dis duidelik dat dit nie gaan werk nie. Kyk maar net na Paulus se gebed vir gelowiges:
Daarom, van die dag af dat ons dit van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol 1:9-11)

En dit is waaroor dit pertinent gaan. Wanneer ek in Christus gegrondves en geanker is, dan kom sy liefde deur die werking van die Heilige Gees so duidelik in my lewe, in my ervaring en wedervarings na vore, dat dit vir almal duidelik is dat Hy my lewe beheers. Dat dit vir my gaan oor Hom en Hom alleen.
Die werk van die Heilige Gees is mos juis dit:
en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. (Joh 14:26)

Daarom staan dit so duidelik:
Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? (Kol 2:20)

En ook:
Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. (Kol 3:1)

Duidelik, nie waar nie? Saam met Christus gesterf en saam met Christus opgewek.
Dis wat die Heilige Gees kom doen het. Ons gebind aan ons Here en Verlosser Jesus Christus.
Daarom moet ons ons nie laat bind deur iets of iemand anders nie.
In ons lewenswandel, ons ervaring, in ons spiritualiteit, mag ons ons nie laat regeer deur enigiets anders nie.
Kyk hier staan dit:
En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. (Kol 3:15)

Letterlik staan hier: Die vrede van Christus moet die skeidsregter van jou hart wees. Die vrede van Christus moet jou lewensreëls bepaal. Op ‘n ander plek staan daar: Christus is ons vrede. So ons kan nie sy vrede van Hom af losmaak nie.
In die spele van daardie tyd was die beeld van ‘n skeidsregter – soos vandag – nie onbekend nie. Dis hulle wat deelnemers gedikwalifiseer het. Dis hulle wat dus bepaal het wie wen ‘n prys.
In Kol 2:18 word dieselfde woord gebruik:
Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink, (Kol 2:18)

Hierdie mense mag ons nie mislei nie, staan hier. Letterlik staan hier: oor nie oor ons skeidsregter wees nie. En sodoende ons weerhou van ‘n prys nie.
Geen mens, met mensgemaakte reëls mag oor ons skeidsregter wees nie.
Christus wat vrede gee en ons dit laat beleef deur die Heilige Gees. Dis deel van die vrug van die Gees. Hy werk dit in ons, verbind ons aan ons Hoof, aan Christus.
Hierdie vrede hou iets anders ook in.
En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. (Kol 3:15)

Dit bring vrede met ander in die liggaam van Christus. Dit roep ons op om ook in die vrede van Christus met ons broers en susters te leef.
As ek as gelowige die vrede van Christus verloor, dan loop ek op allerlei ander paaie, ervaar ek nie die egte spiritualiteit, die oop leef voor God, nie. Die pad terug is deur belydenis en vergifnis van sonde.
Die vrede van God bring lof en dankbaarheid.
Kom ons laat dit, of liewer: Hy – Jesus Christus, die skeidsregter van ons lewe wees. Laat Hy en die vrede wat Hy bring en kragtig deur die Heilige Gees gewerk word, ons spiritualiteit bepaal.

Monday, March 22, 2010

Werk van die Heilige Gees (03): Inleidende studie oor genadegawes

DIE GAWES VAN DIE GEES
Genadegawes (Gr.: charismata χαρισμάτα )
Lees 1Kor 12.
6.1 Wie gee die gawes?
6.2 Kan mens besluit watter gawes jy wil hê? (vv 11 en 18)
6.3 Wie ontvang gawes van die Here? (v7. Vgl ook Ef 4:7)
6.4 Waarom is daar ‘n verskeidenheid van gawes?
Wat sê dit van die eenheid van die liggaam van Christus? (1Kor 12:4-6)
6.5 Hoekom het almal nie dieselfde gawes ontvang nie? (v27. Vgl ook Rm 12:5)
6.6 Waarvoor is die genadegawes bedoel? (Vergelyk ook 1Pt 4:10; Ef 4:11-12)
6.7 Wat is die verband tussen genadegawes en (natuurlike) aanleg? (Rm 12:6-8)
‘n Nadink vraag: Wat dink jy is die doel van hierdie hoofstuk in die Bybel?

Oorsig oor 1 Kor 12
(Geneem uit:Richards, L., & Richards, L. O. 1987. The teacher's commentary. Includes index. Victor Books: Wheaton)
One of the problems in Corinth focused on spiritual gifts, and their relationship to spirituality. Today too similar questions surface, and similar confusion exists. Yet in this three-chapter section of 1 Corinthians Paul provided clear teaching. For instance, our study of 1 Corinthians 12–14 will tell us which of the following are true and which are false—and explain why!
• T or F? The more important the spiritual gift, the more mature and spiritual the person.
• T or F? The major evidence of the Holy Spirit in a person’s life is his or her ability to speak in tongues.
• T or F? We must ask God for the spiritual gift we want.
• T or F? A person “under the influence” of the Spirit can’t help shouting out.
• T or F? Some Christians have little to contribute to others.
• T or F? In church meetings, only the pastor should teach, because he’s usually the only one with seminary training.
• T or F? There is no real test for “spirituality.”
• T or F? Some people are more important than others in the church as in every other situation.
If your group members have ever had questions like these, or are uncertain about spiritual gifts and their relationship to Christian spirituality, this study is especially for them!

Kommentaar
It should be very clear by now in our study of 1 Corinthians. The New Testament church was not utopia!
Sometimes we imagine that it was. When we’re plagued by problems in our local congregations, or unhappy about our personal spiritual progress, we long for those early days. We feel that somehow the church has lost its power; we wonder how to recapture those supposed days of constant victory.
Well, the New Testament church was dynamic. The truth, the love, the transformation that marked the Christian fellowship was distinctive in a world that was void of each. But that same trio is meant to characterize the family of God in every age, and in each we must struggle to maintain their balance. The way to victory now as in New Testament times was marked by struggle, setbacks, slow growth, and time. Maturity then as now comes only gradually, and often seems choked out by problems.
Actually, we need not be discouraged if at times our churches are marred by differences, problems, and disputes. Let’s remember that Paul wrote 1 Corinthians when the church was young and vital and alive—and that even a vitally alive congregation will have problems. It is not the absence of problems, but how we deal with them, that determines our continued growth toward the full experience of blessing.
In Paul’s letter, he guides us as well as the Corinthians to this understanding. Paul wanted us to know how to deal with issues that are likely to trouble any local church—including problems that may arise from confusion over tongues.

Agtergrond
Once again, some insight into the first-century world is helpful as we approach what seems to be a very contemporary issue.
Tongues. In the New Testament we first meet tongues in Acts 2, when on the Day of Pentecost the Holy Spirit welded the disciples into a new body, the church. Not only were there miraculous signs of fire and wind but, filled with the Holy Spirit, the disciples began to “speak in other tongues as the Spirit enabled them” (Acts 2:4).
“How is it,” the observers asked in amazement, “that each of us hears them in his own native language?” (v. 8)
Later, when we meet tongues in Acts, they again seem to be foreign languages (see 10:44–46; 11:17).
Coming to 1 Corinthians, we learn that the tongues-speaker himself did not understand what he was saying unless a person with the gift of interpretation explained. Here interpretation of tongues is identified as a separate gift—a gift often possessed by a fellow believer in the congregation. Tongues, then, was not used evangelistically in the early church to reach outsiders, but was exercised within the family, and then only when an interpreter was present to make the message intelligible to others (1 Cor. 14:28).
Nothing in this passage ruled out tongues as a valid expression of the Holy Spirit’s ministry through one of God’s children. Instead, Paul was concerned in these chapters with putting this rather spectacular gift in perspective.
Cultural context. Perspective was especially important in a place like Corinth. It was universally accepted in the Hellenistic world that some were especially close to the gods. Usually this closeness was supposed to be manifested by trances, ecstatic speech, and other unusual or bizarre forms of behavior. All this was taken as evidence of special spiritual endowment. A person with epilepsy, for instance, was said to have the “divine disease.” The oracles at religious centers were often given drugs to provoke their utterances. The oracle at Delphi, so prominent in the early days of Greece, breathed volcanic fumes from a cleft in the rock of the temple floor, and her unconscious mutterings were then interpreted by the priests.
It is not surprising, given this cultural perspective, that the Christians in Corinth were attracted to the gift of tongues. Nor is it surprising that they thought of such people as especially spiritual.
But their assumptions led to real problems in the Corinthian church. And Paul launched these chapters by challenging the assumptions carried over from paganism. Paul’s very first words were: “Now about spiritual [gifts], brothers, I do not want you to be ignorant” (12:1).
The word “gifts” really should be placed, as I have, in brackets. It is not necessarily implied by the Greek word pneumatikon. As the alternate reading in the Revised Standard Version suggests, it might as well be rendered “spiritual persons.” This probably better reflects the issue that troubled the Corinthians. It was the issue of spirituality itself, and how spirituality is expressed in Christian experience.
We need to remember that the Corinthians were pagans just a short time ago, “somehow or other … influenced and led astray to dumb idols” (v. 2). It was dangerous for them to carry over into the Christian faith old notions about spirituality! But apparently they had been so influenced by the old assumptions that when someone in an ecstatic trance had pronounced an anathema (“be accursed”) against Jesus Himself, a few of the Corinthians had actually been swayed! They had taken the state of the person making the utterance as evidence of divine inspiration!
Paul said firmly that no one could say, “Jesus be cursed,” by the Spirit of God. Neither would anyone caught up in such an experience (as were the oracles of pagan faiths) ever announce, “Jesus is Lord,” unless indwelt by the Holy Spirit. The state of the speaker was not to be taken as evidence of inspiration or of spirituality!
Paul dealt with this issue because there was then, as now, a great danger that in their ignorance some Christians would be led away from true spirituality by an unwarranted emphasis on this more spectacular manifestation of the Spirit. In his argument Paul did not attack the gift of tongues, or reject it. Rather he gave a lengthy explanation of how the Spirit does work in our lives, and in our churches.

Die argument: 1 Kor 12–14
Our insight into backgrounds helps us entitle this important section of 1 Corinthians, and also helps us trace the apostle’s train of thought. A paraphrase condenses the argument, and makes it more clear.
True Spirituality
1 Corinthians 12–14
Brothers, don’t view spirituality from your old pagan perspective. God is at work in all of us, but the Spirit’s work is manifest in different ways. Yet, it is the Spirit who shows Himself behind each gift, and these expressions of His presence are dedicated to our common good. (Just how He works in each individual is His choice.)
Actually, we Christians are the body of Christ, many parts united in one. Like parts of the human body, we each have our own functions, as a “hand” or “foot” or “eye” or “ear.” And we’re each necessary; no one contribution should be singled out and exalted. So you’re each in the body, and this is what’s important. But if we were to rank gifts by their importance, tongues would hardly be at the top of the list.
Really, there’s a better way to measure true spirituality: love. No gift profits a person exercising it unless he loves. You want to measure spirituality? Then look to kindness, patience, and those other practical expressions of real love. For it is love that lifts us out of childhood; love is the mark of spiritual maturity.
Focus on love, and realize that the gifts used for communicating God’s Word should have priority when you meet. You see, intelligible speech builds up our brother, and it is such building-up gifts that we should value. So, in church don’t burst out in a tongue unless an interpretation can be given. And don’t misunderstand! I speak in tongues more than you all; I’m not rejecting this gift. But I’d rather speak 5 words that will help someone than 10,000 words in a tongue no one can understand.
So get over your childish preoccupation with tongues. Tongues are certainly not meant to be a sign of special spirituality within the body; as that kind of sign, their only appeal might be to pagans, as an indication of God’s presence.
In church meetings let each one participate—but no more disorderly clamor! Take turns. God’s work is marked by order, and you can control yourselves. As for the women who’ve been disrupting your meetings, they especially need to learn submissiveness. Tell them to be quiet in church and to discuss their questions with their husbands at home.
And if anyone there still wants to claim a “special spirituality,” let him recognize the fact that I speak with God’s own authority. So, brothers, don’t forbid tongues, but do concentrate on communicating God’s Word in your meetings.

Werk van die Heilige Gees (03) Genadegawes

Lees 1 Kor 12. Veral vers 1 - 11.
Nou wat doen die Heilige Gees?
Ons bely dat die Heilige Gees die derde persoon van die Drie-Enige God is. Hy is God wat ‘n persoonlike God is. Hy is nie maar ‘n onpersoonlike krag of mag wat jy kan oproep of manipuleer tot jou voordeel of dalk tot nadeel van iemand anders nie. Want dis towery of heksery – ‘n poging om magte en kragte te manipuleer, sodat jy ‘n mededingende voordeel kan kry. Nee, die Heilige Gees is God.
En ons het gesien dat die kenmerkende van alles wat die Heilige Gees doen is dat Hy lewe gee, uitkoms wanneer daar ‘n doodloopstraat is. Wanneer daar onreg en onheiligheid in jou lewe is wat uiteindelik tot jou dood sal lei, is Hy die Een wat jou begelei in heiligmaking, geloofsgroei, om jou al meer en meer te laat word wat jy in Christus is. Wanneer jy nie meer uitkoms kan sien nie vanweë hartseer of moedeloosheid of groot sonde in jou lewe, dan is Hy die Een wat jou troos, bemoedig en vermaan – oortuig van jou sonde. Wanneer jy so groot leegheid in jou ervaar dan is Hy die Een wat jou vul – Hy woon immers in jou – en terugverwys na die Here Jesus Christus en wat Hy gesê en gedoen het. Hy verheerlik Christus (Jh 14 en 15 en 16).
Iets spesifieks wat die Heilige Gees ook doen is dat Hy genadegawes aan elke gelowige gee. Genadegawes is in Grieks charismata.
Daar is ook ‘n omskrywing van genadegawes of geestesgawes in die nuusbrief:
Genadegawes (Grieks: charismata) is geskenke van God uitgedeel deur die Heilige Gees aan elke gelowige in ooreenstemming met God se wil en uit genade alleen tot voordeel van die liggaam van Christus en tot God se eer.
Daarom is dit belangrik dat ons ons ook vandag verantwoord oor die gawes wat die Here ons skenk. Dis wesensdeel van die werking en fuksionering van die liggaam van Christus – ook van ons as die liggaam van Christus. Daarom staan hier: Wat die gawes van die Gees betref wil ek hê dat julle ingelig moet wees. (1Kor 12:1).
Oningeligtheid was die probleem wat Paulus met die gelowiges in Korinte gehad het. Hulle was onder die invloed van die Griekse en Romeinse godsdienste. Ook genoem paganistiese godsdienste wat ook deesdae weer hier in ons land in die oopte kom en aanhang geniet met hekse wat ingesweer word, sangomas wat al prominenter raak en sulke goed. Die klem in hierdie godsdienste val op die bonatuurlike, die mistieke. Dit wat mense krag gee en die manipulering van kragte en magte. Daarom sal ek ook baie versigtig wees om al die goed wat byvoorbeeld Benny Hinn doen aan die Heilige Gees toe te skryf. Vir die wat nie weet nie, Benny Hinn is een van die leiers of voorlopers van die nuwere Charismatiese beweging hier so vanaf die 1980’s.
In die ou tyd is ekstase en die bonatuurlike dinge hoog aangeskryf in die godsdienste van die Grieke en die Romeine. Omdat die werk en die gawes van die Heilige Gees dikwels wonders te weeg gebring het, het die Korintiërs deurmekaargeraak met die werk van die Heilige Gees en die goed wat as gevolg van die optrede van heidense priesters en priesteresse gebeur het.
Vir die mense wat net op die oog af gekyk het en onkundig was, was dit nie moeilik om die kragtige werkinge ná die uitstorting van die Heilige Gees, te verwar met die bonatuurlike werkinge van die ander godsdienste nie. Wanneer die ander godsdienste se leiers opgetree het en hierdie bonatuurlike dinge het gebeur, het die mense gedink dit moet van God wees.
Soos vandag meen baie mense as só iets gebeur, dan moet dit van God af kom.
Daarom die woorde in die teks: Wat die gawes van die Gees betref wil ek hê dat julle ingelig moet wees.
Letterlik staan hier Wat die dinge van die Gees betref wil ek hê dat julle ingelig moet wees.
Ingelig wees hier is letterlik: nie onkundig wees nie.
In ons wêreld waar alles nog grotendeels met die verstand en rede uitgewerk word en daar min plek gelaat word vir die belewenis van die werking van die Heilige Gees, is dit noodsaaklik om kennis te dra van die Gees se werk in ons.
Ingelig hier beteken om te weet in ooreenstemming met wat God wil. Dis immers wat God hier aan ons openbaar in sy Woord. Hy wil dat ons wéét! Dit beteken ook dat ons dit kan ervaar. Dis nie net met die kop weet nie, maar ook met die hart – om dit maar so te sê.
Kom ons kyk wat die Here ons hier wil leer, wil inlig, oor die dinge van die Heilige Gees.
• Die eerste ding is dat mens nie kan bely dat die Jesus die Here is as die Heilige Gees dit nie vir mens gee nie (v3).
• Die verskeidenheid van gawes word deur dieselfde Gees gegee. Alle ledemate van die liggaam van Christus hoef dus nie dieselfde te wees nie. Daar sal ‘n verskeidenheid van gawes, bedienings en geestelike werkings in gelowiges wees (v4-6).
• Elkeen – elke gelowige – het sulke gawes. Daar is nie een wat kan sê: “Ek het niks ontvang nie” (v7).
• Hierdie gawes is tot voordeel van almal (v7).
• En die Heilige Gees deel dit uit aan elkeen soos Hy wil (v11).
• Daar is eenheid in die verskeidenheid (v12-13). Eenheid beteken dus nie eendersheid nie. En ook beteken verskeidenheid nie verdeeldheid nie.
• Net soos die ledemate van jou liggaam interafhanklik van mekaar is, so is ons met ons gawes interafhanklik van mekaar (v14-20). Ons het almal se gawes dus nodig, daar is niemand wat kan en mag sê dat hy of sy nie nodig is vir die optimale bestaan van die liggaam van Christus – die kerk – nie (vv 21-26).
• Dan sê die Here hier by monde van Paulus, dat mense sal neig om hulle toe te lê op die buitengewone gawes, dit wat die oog vang. Die wondergawes van genesing, praat in tale, uitleg daarvan en wonders. Dit was die probleem waarby Paulus wil uitkom daar in Korinte. Die gelowiges daar het gedink dat praat in ongewone klanke die kenmerk was wat jou onderskei het as gelowige. Baie gelowiges vandag dink ook nogal so. Daar is baie mense wat dink dat wanneer jy in tale praat jy eers werklik ‘n gelowige is. Maar dis nie waar nie. Daarom die woord in v31: Lê julle toe op die beste genadegawes. En wat is die beste? Dit wat die Heilige Gees aan jou uitgedeel het, dis die beste! Wees wat jy is in gehoorsaamheid aan die Here.
En dan werk Paulus dit uit in hfst 14 en sê dat die beste vir die mense in Korinte was dat hulle hulle toelê op die gawe van profesie – om God se wil te wete te kom – as wat hulle ongewone tale praat wat baie werd is vir individuele gelowiges, maar dikwels nie tot stigting is vir almal waar hulle saamkom nie.
• Maar dit wat die Here ons hier leer oor die werking van die Heilige Gees in ons wat sentraal staan, is die liefde. Al doen ek al hierdie wonderlike dinge wat ek geestesgawes of genadegawes noem, en ek openbaar daarmee en daardeur nie die liefde – die vrug van die Heilige Gees nie – dan maak ek geraas soos ‘n leë blik:irriterend en met geen belofte nie. Al gebeur daar die wonderlikste goed in en deur die liggaam van Christus – sonder liefde is dit betekenisloos.

En liefde is verhoudings. Jou verhouding met jou man of vrou, met jou kinders en jou ouers, met jou familie, met jou familie hier in die huisgesin van God. Dis ook jou verhouding met God. Hy wat jou eerste liefgehad het. “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
Daarom is liefde in ‘n sin om in ‘n doodloopstraat ‘n pad uit moontlik te maak. As jy ooit wonder oor liefde, dink aan Christus. Wat het Hy kom sê en kom doen. Hy is die verpersoonliking van liefde. Hy het die pad van die liefde geloop en so vir jou kom wys. Soveel dat Hy vrywillig aan die kruis gesterf het sodat jy die lewe kan hê.
Daarom het Hy sy Gees gestuur, om al hierdie dinge – die werkinge van die Gees in ons, die genadegawes – in ons te werk. Dis die boublokke van die liefde. Dis waarmee verhoudings gebou word. Gebruik al jou gawes, alles wat jy ontvang het, om in liefde op te bou.
En hoe moet jy deur God se genade wees om dit reg te kry? Kom ons kyk na 1 Kor 13:4-7:
En vul jou naam maar in by die spasies:
___________ is geduldig, _____________ is vriendelik, nie afgunstig nie, nie grootpraterig nie, nie verwaand nie.
____________ handel nie onwelvoeglik nie, soek nie my eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
______________ verbly my nie oor onreg nie, maar verheug my oor die waarheid. Ek bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
So is die liefde die een groot gebod, die oorheersende lewensbeginsel, in my gebruik van die presente, die gawes, wat die Here my gegee het.

Wednesday, March 17, 2010

Werk van die Heilige Gees (02): Bybelstudie oor die vrug van die Gees

Lees Gl 5: 13 - 26 en veral vers 22-23

Die doel van heiligmaking is nie alleen om die werke van die vlees af te lê nie, maar om die vrug van die Gees in die plek daarvan op te neem.

Vrug van die Gees:
1. Die vrug van die Gees veronderstel ‘n lewende boom/plant – dit word nie geproduseer in dié wat geestelik dood is nie.
2. Dis nie die vrug van die Gees in die sin dat Hy die boom is wat dit dra nie. Die Gees is die Een wat die boom geplant het (wederbaar) en laat groei het (heiligmaking).

 Vergelyk vir die “wortels” van die vrug die volgende tekste:
Liefde - 1Jh 4:16
Vreugde - Sef 3:17
Vrede - Heb 13:20
Geduld - 2Pt 3:9
Vriendelikheid - Ef 2:7
Goedheid - Ps 27:13
Getrouheid - Klaagl 3:23
Nederigheid - Mt 11:29
Selfbeheersing - Lk 1:51 (Selbeheersing kom van die woord vir krag(tig) = lett.: om jou krag in toom te hou.)

• Gedring deur die Heilige Gees, vertoon ‘n Christen se karakter merkbare ooreenkomste met God se “karakter”. Moet dit in jou die gevoel opwek: “Kyk goed hierna (bg.eienskappe van God) en probeer harder” ? Kan jy dit ooit bereik?

3. Die kwaliteite van lewe wat “vrug” genoem word dui op iets wat groei. Jy kan die groei promoveer, maar kan dit nie inisieer of verseker nie. Net soos vrugte nie gefabriseer kan word nie, maar wel aangehelp kan word deur te sorg dat dit genoeg lig, water en kos kry. Die groei van die vrug (wat reeds daar is) hang af van bewerking en versorging.
• Watter “lig, water en kos” moet jy kry?

4. Die woord “vrug” dui oënskynlik in die teks (Gl 5:22) daarop dat die mens geen poging hoef in te sit nie.
Vergelyk mens egter ander tekste hiermee, is dit duidelik dat so siening van alle waarheid ontbloot is. Vgl.: 1Tim 6:11 - “Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.” En ook 2Tim 2:22 - “en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede”. Hier word Tim. beveel om na die “vrug van die Gees” te streef.
Nastreef van die vrug van die Gees

Die nastreef van die vrug is ‘n top prioriteit vir gelowiges. Die eienskappe van die vrug is doelwitte waarheen elke gelowige moet mik. Daarom is dit baie belangrik om te weet wat elk beteken en hoe daarna gestreef kan word. Dan kan daar by jou as gelowige leemtes en sterkpunte geïdentifiseer word en daaraan gewerk word.

Oor persoonlikheid is daar baie stof in die Bybel te vind. Twee sake in verband met persoonlikheid is belangrik om genoem te word:
1. In die Bybel is persoonlikheidstipes ‘n vloeibare saak. Dit bestaan uit die basiese natuur [Gr.= phusis] waarmee mens gebore is wat ontwikkel in reaksie op die lewe en ook deur God verander en gevorm is.
2. Daarom kan “persoonlikheid” verander. Die vrug van die Gees is sulke “persoonlikheidseienskappe” wat verkry en ontwikkel kan/moet word. Iemand wat geleer het om hierdie vrug van die Gees te produseer, het sy probleme oorkom en is in staat om dit te bly oorwin. Daarom is die vrug van die Gees die “opneem”- of dóén-kant van heiligmaking.

 Gaan die volgende tekste na vir die opdrag om die eienskap na te streef.
Liefde - Mt 22:37-39
Vreugde - Fil4:4
Vrede - 1Pt 3:11
Geduld - 1Tess 5:14
Vriendelikheid - Kol 3:12
Goedheid - Gal 6:10
Getrouheid - Op 2:10
Nederigheid - Tit 3:2
Selfbeheersing - 2Pt 1:5-6

• Watter van hierdie eienskappe van die vrug van die Gees “pas” by jou persoonlikheid?
• Wat sê die feit dat daar in Gl 5:22 net van “vrug” (en nie: “vrugte” nie) gepraat word vir jou voorkeur van een van bogenoemde?
• Hoe produseer die Gees hierdie vrug en hoe kan jy as herder ander help om dit na te streef?

Die basiese antwoord is: Die vrug van die Gees word gekultiveer en geproduseer deur biddende, gereelde studie en gehoorsame toepassing vd Woord. (Nastreef beteken: streef na, najaag, naspoor, vervolg met vasberadenheid en volharding.) Dit gebeur nie met ‘n towerslag op ‘n Donderdagmôre om 06:00 wanneer die Heilige Gees jou daarmee “slaan” nie!

• Waar, dink jy, hou jou ”najaag” op en begin God se aksie? Wat is die rol van die Heilige gees in hierdie groei?

Werk van die Heilige Gees (02): Vrug van die Gees


Lees Gal 5:13 – 26

In hierdie hoofstuk gaan dit oor vryheid. Christelike vryheid.
Om werklik vry te wees is nie om te maak soos wat jy wil nie, maar om verlos te wees van enige ander bande wat jou bind en jou verhoed om Jesus Christus te dien en na te volg.
Vraag: Watter bande bind jou om die Here nie te dien soos wat jy moet en graag sou wou nie?
In hierdie deel wat ons gelees het is dit enige gebruik of gewoonte van mense wat jou in ‘n rigting weg van God af indwing. Enige sonde waarmee jy in jou lewe te doene het waarmee jy nie gebreek kry nie.
Daarom die bevel in v16:
Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. (Ga 5:16)
Letterlik: wandel in die Gees, dan sal die begeertes van die vlees, die sondige natuur, nie jou einddoel of vervulling wees nie.

Wat gegee is
Die Here Jesus Christus het jou mos verlos van die mag van die sonde en die dood. Jy behoort nou aan Hom. Hy’t vir jou betaal met Sy bloed aan die kruis. Hy het jou losgekoop van die mag wat die sonde op jou gehad het. Jy kan nou saam met die Gees loop op hierdie pad wat die Here Jesus Christus kom oopmaak het na die hemel waar Hy vir jou gaan plek maak het.
Dis wat die Heilige Gees kom doen: Hy bring jou in en begelei jou na die punt en plek in jou lewe waar jy werklik die heerskappy van God oor jou lewe erken en beleef en jy deel het aan al die seëninge wat Christus kom gee het.

Wat jy moet doen
Maar v16 praat duidelik van jou verantwoordelikheid hierin:
Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. (Ga 5:16)
Letterlik: wandel in die Gees, dan sal die begeertes van die vlees, die sondige natuur, nie jou einddoel of vervulling wees nie.
Kom ek illustreer dit: God die Here besit die wêreld en alles wat daarin is. Aanvanklik was almal, ook die mense, baie gewillig om onder die enigste Koning en Heerser te dien en het dit met vrywilligheid en met volle instemming gedoen. Totdat ‘n ander heerser, die duiwel, opstand gestook het en die mens teen God laat draai het. Die duiwel het die mense wat hy in sy mag gekry het, willoos gemaak en met vrees vervul sodat hulle hom moet dien. Hy regeer deur vrees. Vrees vir swaarkry, ongelukkigheid, mislukking en dood. Op hierdie pad word mense verstrengel in bande van ...
onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. (Ga 5:19-21)

Want sien, vrees vir ongelukkigheid en swaarkry en die dood, laat mense al hierdie dinge doen. Dis ‘n reaksie op die leuen dat ek totale beheer het oor my lewe en niks en niemand anders kan daarmee inmeng nie. Dis ‘n reaksie op die leuen dat vryheid beteken dat ek kan maak wat ek wil.

Maar dis nie waar nie. ‘n Vis is mos nie vry as hy buite die water is nie! ‘n Vis is vry solank hy binne die water bly. Wandel deur die Gees beteken dat ons soos visse is wat aan God behoort. Ons is vry binne die water van God se woord en wat Hy van ons vra.
Dit beteken nie dat ek soos ‘n robotvis in hierdie water beweeg nie. Ek is nie willoos nie. Maar ek staan onder heerskappy van die Here deur die Gees. Dit beteken dat ek die verantwoordelikheid het om in hierdie water, hierdie terrein, hierdie bewuste erkenning van God se heerskappy te bly. Buite die water beteken dit dood. Binne hierdie water is daar ruimte om te beweeg, ruimte om te groei, te werk, te speel: kortom: ruimte om te lééf! Voluit te leef.

Prakties gesien
Die manier hoe jy jou verantwoordelikheid nakom om hierdie heerskappy van die Heilige Gees te erken en uit te werk in jou lewe, is deur gehoorsaam te soek en te doen wat God wil, wat die Heilige Gees in jou werk. En dit staan hier:
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Ga 5:22-23)

Nou oor die letterlike betekenis hievan kan julle in die volgstuk wat beskikbaar is, verder lees en leer.
Net dit: die eerste drie fassette van die vrug van die Heilige Gees gaan oor gewoontes van jou denkwêreld wat hul oorsprong vind by God.
Die tweede groep van drie is die uitreik na ander. En dit word gestut deur liefde, vreugde en vrede.
Die laaste groep van drie fasette van die vrug van die Heilige Gees begelei die algemene gedrag van ‘n gelowige wat beheers word deur die Gees.
Dis maar ‘n indeling wat mens sou kon maak om jou gedagtes hieroor opnuut te prikkel.

Die punt is: liefde word nie sonder rede eerste genoem nie. In ‘n sin is dit die somtotal van alles wat hier genoem word. En, sou mens kon sê, is alles wat daarop volg hier ‘n verdere uitwerking van hoe om die liefde tot sy reg te laat kom.
DG Barnhouse het dit so gestel:
Die kern van die vrug van die Heilige Gees is liefde.
Vreugde is liefde wat sing
Vrede is liefde wat rus
Geduld is liefde wat uithou
Vriendelikheid is liefde se sagte aanraking
Goedhartigheid is liefde se aard
Getrouheid is liefde se goeie gewoonte
Nederigheid is liefde wat sefvergetend handel
Selfbeheersing is liefde wat die leisels hou.
Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (Ga 5:25)

Letterlik staan hier in die laaste reëltjie van v25: “laat ons ook deur die Gees wandel”.
Hierdie wandel beteken om in pas te wees met die Heilige Gees. Om in te stem en saam te stem met die Heilige Gees. Soos soldate wat in gelid marsjeer. Marsjeer saam met die Heilige Gees.

Nou wat gaan dit wees? Die vrug van die Gees? Of die praktyke van die sondige natuur? Dis soos twee soortgelyke honde, kom ons noem hulle: Vrug-van-die-Gees en Sondige-natuur, wat jy aan die veg sit. Watter een gaan wen?
Die een vir wie jy kos gee!

Ek het jou in die begin gevra: Watter bande bind jou om die Here nie te dien soos wat jy moet en graag sou wou nie?
Die antwoord lê daarin: gee jy nie dalk vir die verkeerde hond kos nie?
AMEN